Military Jokes and Cartoons.


Just a trim, hey ?

Troepie en Offisier

Wanneer ek lank neem om 'n taak uit te voer, DAN IS EK STADIG;
As my offisier lank neem om 'n taak te verrig, IS HY DEEGLIK.
As ek 'n ding nie doen nie, IS EK LUI;
As hy 'n ding nie doen nie, IS HY BESIG.
As ek iets sonder magtiging doen, OORSKRY EK MY PERKE;
As my offisier sy perke oorskry, TOON HY INISIATIEF.
As ek standpunt inneem, IS EK HARDKOPPIG;
As hy homself laat geld, IS HY BESLIS.
As ek 'n etiketreel nie nakom nie, IS EK ONBESKOF;
As my offisier die reels nie nakom nie, IS HY OORSPRONKLIK.
As ek mooi met 'n offisier saamwerk, IS EK 'N KRUIPER;
EN As hy sy meerdere probeer behaag, TOON HY 'N GEES VAN SAMEWERKING !

Shell-shock

Then there was the Army psychiatrist who had a method by which all soldiers could avoid "shell-shock",

To wit : "Never touch an egg with an electric cord coming out of it."

Kamoefleer

In die woestyn moes die troepe toepas wat hulle oor die kamoeflering van voertuie geleer het. Nadat 'n troep 'n groot Bedford gekamoefleer het, staan hy bekommerd en kyk na die groot skadu van die gekamoefleerde voertuig. Die offisier staan nader en vra wat hy omtrent die skaduwee gaan doen.

"Nee, ek weet nie, Kaptein."

"Nou ja, moenie net daar staan nie, gooi sand daaroor !"

Die offisier op 'n uitstappie loop verby 'n soldaat wat hom nie salueer nie. Vasbeslote om sy rang te laat geld, skreeu hy : "Haai jy daar ! Sien jy hierdie uniform wat ek dra ?"

Die soldaat bekyk hom op en af en se : "Moenie sleg voel nie, ou perd, kyk net na hierdie sak wat hulle my gegee het."

The Secret

The more you give, the more you get,
The more you laugh, the less you fret,
The more you do unselfishly, the more you live abundantly,
The more of everything you share, the more you'll always have to spare,
The more you love, the more you'll find that life is good and friends are kind,
For only what we give away,
Enriches us from day to day.

"All right, you pigs, fall-in on the double! " barked the sergeant as he strode into the bungalow. Each soldier grabbed his bush hat and jumped to his feet except one - a troopie who lay on his bed reading a book.

"Well ?" roared the sergeant.

"Well," observed the troopie, "there certainly were a lot of them, weren't there ?"

Diensplig Reels

1. As dit nie beweeg nie, vee dit weg.
2. As dit beweeg, salueer dit.
3. As dit te groot is om weg te vee, tel dit op.
4. As dit te groot is om op te tel, verf dit.

Die jong soldaat gaan na die bioskoop met 'n nooi en loop die sersant voor die deur raak.
"Dit is my suster," stel hy die nooi bekend.

"Ons ken mekaar," se die sersant, "sy was vroeer myne."

Rusland het 'n Staande Mag van Vyftien Miljoen Soldate.
Stoele is glo maar skaars daar !
"Waarom is dit belangrik om in 'n aanval nie kop te verloor nie ?" wil die sersant weet.

Rekruut : "Want dan het jy geen plek om jou pet op te sit nie."

When the announcer on the armed forces radio program finished the newscast, he closed with the correct time.

"For you Navy guys," he said, "it is now eight bells. For you men in the Army, it's now 08h00. And for all you officers," he concluded, "the little hand is on the eight and the big hand is on the twelve."

Die offisier en sy manskappe bevind hulle in die woestyn. Hy kondig aan : "Manskappe, ek het goeie nuus en ek het slegte nuus. Maar eers die slegte nuus. Ons kos is op en ons sal nou sand moet eet. Nou die goeie nuus. Hier is 'n hele woestyn vol sand !"
Troepie (moedeloos na die skyfskiet) : "Ek het lus en skiet myself."

Sersant : "Sorg tog net dat jy 'n vol magasyn het."

Previous Page

Want to contact the WebMaster ? Click here. Home Sitemap

Copyright © 2000 S. Le Roux AND OpsMedic. All rights reserved.