National Service / Diensplig.

7 SAI ECHO Company Commander Message.

Boodskap van ECHO-Kompanie Bevelvoerder.

'n Unieke kompanie. Ek glo nie 'n mens kan jou boodskap op 'n ander manier begin nie. 'n Groep met wie se aanpassingsvermoe teen die tyd al goed beproef is, seersekerlik so, dat hulle teen die tyd umien daarteen behoort te wees. Nie net is hulle van een plek na 'n ander geskuif nie, maar ook het hul leierelement so gewissel dat hulself seker nie meer kon tred hou nie.

Met hul aankoms op 7 SAI Opleidingseenheid het hulle 'n "warm" ontvangs op die klein paradegrond gehad. Die aand voor die, 22 Desember 1986, is hulle in 7 SAI verwelkom met 'n heerlike verwelkomingsete. Die orkes wat vir 'n bietjie musiek gesorg het, was na die ete die toppunt.

Net voor Nuwejaar het die kompanie SWA toe gevlieg vir grensdiens . Vir drie maande moes die kompanie bo-magspeil gewees wat beteken dat die kompanie nomadies is en geskuif kon word net waar daar troepe benodig is, weer is hul aanpassingsvermoe beproef, want vir die drie maande was ECHO KOMPANIE op drie verskillende basisse.

Groot was die verassing toe 7 SAI laat weet dat ons vroeer teruggaan Suid-Afrika toe vir verlof. 'n Welverdiende ruspose van vier-en-twintig dae is aan die kompanie toegestaan. ('n Paar troepe se gewaagdheid het hulle toe 'n paar Rand gekos !).

Met die laaste fase, weer in Suid-wes Afrika, het 'n mens gou agtergekom dat dit 'n klomp mense is wat mekaar kan ondersteun as dit moet. Die "droogmakers" was daar wel, seker soos in elke kompanie, maar die positiewe punte is soveel meer dat 'n mens die "droogmakers" hul sondes kan vergewe.

Dit was 'n plesier om saam met 7 SAI ECHO KOMPANIE te werk, nog meer om hul aantevoer as Kompanie Bevelvoerder. Definitief 'n unieke klomp troepe bymekaar wat beslis hul taak met groot welslae voltooi het.

Sterke en alle voorspoed voorentoe.

A.J. Combrink
Kompanie Bevelvoerder ECHO KOMPANIE : Kaptein


Previous Page Next Page

Want to contact the WebMaster ? Click here. Home Sitemap

Copyright © 2000 S. Le Roux AND OpsMedic. All rights reserved.