Die kompanie wat ontstaan het uit ander eenhede se weggooi troepe. Dis nie noodwendig slegte troepe nie. Die woord weggooi is nie geskik of toepaslik nie. Dis hoofsaaklik troepe wat te veel was om produktief aangewend te word in die eenheid, wat verplaas is na ander eenhede, waar daar 'n tekort aan troepe was.
Die eerste dag was vir my 'n verrassing, dis min dat 'n mens 'n kompanie sien wat soos een man staan. Na die verskillende leiergroep elemente waarmee die kompanie te doen gehad het, is dit duidelik dat, die enigste manier om te oorleef, is om saam te staan deur dik en dun.
Soos in enige gemeenskap kry jy die goeie, die middelman, en die slegte. So is dit geen uitsondering by die kompanie. Maar die goeie element is baie hoer hier as in ander gevalle. Dit is ook geen wonder nie die gemiddelde ouderdom van die kompanie is 21 jaar, en is in die opvoedkundige gebied nog beter met 94% van die kompanie wat Matriek het, wat baie hoog is vir 'n vegkompanie.
Die verplasing van die kompanie moes vroeer plaasgevind het, dan sou die opleiding beter gewees het en die kompanie sou reg wees. By reg word bedoel : operasionele welslae kon 80% hoer gewees het, en 'n KSM kon baie trots gevoel het om KSM van die kompanie te wees. Nie dat dit nou nie die geval is nie, maar kon hy soveel meer daarop geroem het dat hy KSM was van ECHO-KOMPANIE !
Dankie vir julle samewerking en voorspoed vorentoe !
Staff Sersant J.C. Botes
KSM E-KOMPANIE April - Junie 1987
| Previous Page | Next Page |
| Want to contact the WebMaster ? Click here. | Home | Sitemap |
Copyright © 2000 S. Le Roux AND OpsMedic. All rights reserved.