National Service / Diensplig.

3 SAI BRAVO Company Commander Message.

Boodskap van BRAVO KOMPANIE Bevelvoerder.

By die eerste aanskoue, een winters oggend in Pretoria gedurende Julie 1985, het hulle soos enige ander verwarde groep dienspligtiges gelyk. Hierdie groepie manne was "oorbodig" by PD Skool en het op 'n reisweiser beland na 3 SAI Opleidingseenheid toe. Die gevreesde Infanterie het vir hulle voorgele en by baie was daar twyfel of hulle dit ooit sou maak. Min het hierdie rekruite geweet dat hulle nie net met basies nie, maar ook in die binnelandse stryd ware infanteriste met 'n spogrekord sou word.

At the end of their basic training, evaluation results showed that the record for the previous three 3 SAI intakes was broken in all the aspects of basic training. This was followed up by an excellent performance during the external evaluation of COIN URBAN. The company was now ready for urban operations.

Die grootste prestasie wat BRAVO KOMPANIE bereik het, sou nou volg. Die effektiewe en suksesvolle bekamping van onluste in Ikageng, Tembisa, Alexandra, Soweto, KwaNdebele, en Suid-Lebowa het hierdie groep soldate saamgesmelt tot 'n gehegde eenheid waarop 3 SAI Opleidingseenheid trots kan wees. Probleme was daar ook, maar die kompanie het kerngesond gebly en kan met selfvertroue getuig van 'n vrugtevolle dienspligtydperk.

Later, gedurende 1986, het BRAVO KOMPANIE ontplooi vir operasionele diens in Suid-wes Afrika. By hulle terugkoms moes hulle verneem dat hulle na 7 SAI Opleidingseenheid verplaas is, waar hulle tans die taak aan hulle opgedra met welslae uitvoer. Die eer van hierdie indrukwekkende rekord kom die lede van BRAVO KOMPANIE toe en weerspieel 'n karakter van paraatheid.

It was an honour to have known and to command BRAVO COMPANY. I think that you have achieved your military goals in a splendid manner and the mere fact that this booklet has been initiated by the members themselves is proof of the success. An Infantry company which treasures their National Service will commence their civilian life as an asset to the SADF.

Well done BRAVO COMPANY.

J.J. Wessels
Kompanie Bevelvoerder BRAVO KOMPANIE : Kaptein

Previous Page Next Page

Want to contact the WebMaster ? Click here. Home Sitemap

Copyright © 2000 S. Le Roux AND OpsMedic. All rights reserved.